General

Bulletjies bedank borge

THABAZIMBI – Die Bulletjies rugbyspanne het vanjaar slegs genoeg fondse gehad om ‘n duiksak, dryfsak en twee balle vir elke span te koop. Danksy Swallow Fork Estates wat hul truie, broeke, rugbysakke, waterbottels en die afrigters se hemde geborg het, kon die spanne net vorentoe. Lekota Grasdakke, NRV Verkoeling en Schagen Projects span saam en borg die bulletjies se geel T-hemde. 
Die volgende besighede en individue word deur die bulletjies bedank vir al hul bydraes: Heinie Rohbeck se oupa, Franko du Plooy, Thaba Park en personeel, Northam Platinum vir die bus na Warmbad, Thaba Spar vir die bestelling van die klere en Energade, Dezzo vir die drukwerk op die klere (Jean Marie en Tannie Marietjie), Pick ‘n Pay vir die pannekoekdeeg en koeldrank vir Warmbad, Mida’s, Medhof vir die noodhulptas, Checkers vir die hoedjies en waterbottels.
Dankie ook aan Laerskool Thabazimbi vir die bus na Ellisras, vir Christa, Karin en Annie vir hul hulp met die fakse, Amanda Meyer vir al haar hulp en ondersteuning, Jerry Pretorius vir hulp met die organisering, Gerhard Schoeman vir die afmerking op die veld, Pottie vir die maak van die banier; Anne Marie Smith vir die briewe en Madelein, Ronel en Amanda vir die was van die truie.
Dan ook ‘n woord van dank aan Hoërskool Frikkie Meyer vir die veld en hul uitnodigings, vir Piet vir die fotostate, die ketelmaker vir die maak van die pale, Suzette en Piet Nortje vir die musiek en ook groot dank aan die afrigters Maris, Gerrie, Tinus, Petie, Amanda en Eddie.
Dankie aan Koos Venter vir die skenk van die lemoene. Verder bedank die bulletjies ook vir John Wright, Thaba drukkers, Ambulansdienste, Die Kwêvoël vir die plaas van die bulletjies berigte en ‘n groot dank aan al die ouers en ondersteuners. Ook aan Johan Meintjies, Kobus Janse van Rensburg, Koos Venter en die onderwysers van Gr 0, Gr 1 en Gr 2 vir al jul bedagsaamheid.