General

Bergboegoe besoek Kransberge

THABAZIMBI – Die maand se Bergboegoe uitstappie beloof om ‘n besonderse ervaring te wees. Anders as gewoonlik, vertrek die groep Saterdag, 14 Mei om 08:00 vanaf Engen en kuier hulle die oggend saam met die Dendrologiese vereniging se Kierieklappers van Leeupoort.
Alle nuwe belangstellendes en ou vriende ontmoet mekaar om 07:45 by Engen waarna hulle saam met Gert en Ina Diedericks vertrek. Almal gaan meer leer van die bome van die Kransberge en daarna ‘n vleisie braai. Onthou dus jul vleis, eet- en drinkgoed asook stoele en eetgerei. Pap en sous sal voorsien word.
Moet ook nie die sonblok en hoede tuis vergeet nie. Meimaand is dalk koud en die res van die land, maar hier by ons kan die sonnetjie nog steeds lekker warm word, veral as jy so bietjie in die veld stap en die heerlike buitelug geniet. Skakel vir Anton van den Berg by 082 775 6768 vir meer inligting.