General

4×4 by Thabazimbi Expo

THABAZIMBI – Die wenner van die 4×4 rit wat hier plaasgevind het tydens die Wild en Toerisme Expo, Ben van Wyk, het mededeelnemers en toeskouers verseker dat sy Landrover Defender 110 TDS diesel, nie agterstuur het nie. Van Wyk sê sy voertuig is ‘n produksie voertuig wat ook geen sluitslotte het nie.
Van Wyk het veral sy dank teenoor Cooper Bande van Dunlop SA uitgespreek vir hul bande se uitmuntende werksverrigtinge. Hy het verder LA Sport, Rustenburg bedank vir die XGS onderstelvere van uitstekende gehalte. Thabazimbi se 4×4 klub, deelnemers en ondersteuners is ook lof toegespreek deur Van Wyk en hy het almal bedank vir ‘n wonderlike dag.
Van Wyk sê die 4×4-deelnemers en -geesdriftigers kan hul vere regskud vir die Elektro Diesel 4×4 kompetisie wat op 21 Mei te Rustenburg gaan plaasvind. Verrigtinge gaan om 09:30 begin en almal word vriendelik uitgenooi na ‘n dag vol opwinding en pret. Vir navrae kan Bert Stols gekontak word by 082 773 3971, (014) 590 3173, faks (014) 590 3430 of by e-pos bstols@rtbcc.co.za.