General

Toer saam na Turkye

THABAZIMBI –  Ds Malan van Rhyn van Thabazimbi neem binnekort weer ‘n toergroep na Turkye en Griekeland. Daar is nog ‘n paar plekke beskikbaar op hierdie toer en die ideale geleentheid om die Bybel te ervaar.
Kom toer vanaf 19 Junie 2005 vir 15 dae saam in Turkye, die Bybelland waar driekwart van die Nuwe Testament afgespeel het. Die toergroepe besoek die sewe gemeentes van Openbaring, die gebied waar die Galasiërs gewoon het, van die plekke waar Paulus met sy sendingreise aangedoen het, ook die ou stad Istanbul met sy 12 miljoen inwoners, Athene in Griekeland en nog vele meer.
‘n Toer deur hierdie Bybellande is meer as ‘n reis – dit is ‘n geestelike ervaring.
Kontak vir ds Van Rhyn as u wil saamgaan of meer inligting wil hê, skakel 014 772 2378 of 082 858 0538 of e-pos aan: mvanrhyn@absamail.co.za.