Tafeldek vir volgende VLU vergadering

THABAZIMBI – Hierdie maand se tema by die VLU dames, is tafeldek. Drie verskillende tafels sal gedek word, ‘n  ontbyttafel, ‘n teetafel en een vir ‘n vleisbraai. Jakkie Vos sal die ontbyttafel demonstreer, Marie du Buys sal die teetafel hanteer en Martie Stander die tafel vir ‘n braai. Die tafeldek oggend vind Donderdag 12 Mei in die tennishuis plaas. Die verrigting skop om 08:30 vir 09:00 af. Almal selfs nie-VLU lede is baie welkom. Vir meer besonderhede kan u die skakelbeampte Martie Stander by 014 7723325 of 072 491 7229 skakel.