Steenbokpan VLU besoek Sprokiesland

STEENBOKPAN – Die Steenbokpan VLU het hul tweede prysuitdeling op 16 April gehou en die Goeiefeë wat die boeresaal in ‘n sprokiesprent omtower het, was Jana Murray en Lynette Pelser. Lede moes volgens hul skuilname wat strokiesprentkarakters was, aantrek. Van Popeye tot Winnie the Pooh, het kom kuier.
Die eersteplek pryswenners is as volg: Gebak – Ilana Venter, Preservering – Elize Jordaan, Masjienwerk – Elize Jordaan, Breiwerk – Annetjie Swart, Hekelwerk – Rita Hauptfleisch, Handvlyt – Elize Jordaan, Borduurwerk – Ilana Venter, Blomme – Ilana Venter, Fotografie – Tharina Pelser, Tak artikels – Elize Jordaan, Konferensie artikels – Elize Jordaan, Provinsiale artikels – Elize Jordaan, Huiswerk – Rita Hauptfleisch en Algehele hoogste % – Ilana Venter.
Die lid wat 80% van die kere deelgeneem het, maar nie ‘n eerste plek behaal het nie, is Jana Murray. Die belowendste nuwe lid is Rita Hauptfleisch. Die VLU Jood van die jaar is Joey Hills en die VLU Lid van die Jaar word gedeel deur die moeder en dogter span, Surita Steenkamp en Rita Hauptfleisch. Die bestuurslid van die jaar is Riana Peacock.
Tinkerbelle, Ilana Venter, het die tweede plek gewen met die beste kostuum en Garfield, Tharina Pelser, het die eerste plek gewen. Die nuwe visie-voorsitter vir Tambotiekring, Elana Greyling, het sprokiesland vereer met haar teenwoordigheid, en vir Steenbokpan VLU gelukgewens met hul prestasie tydens die konferensie as Top Tak van die Streek. Gelukwensing het ook aan Riana Peacock, skakelbeampte, gegaan wat die Skakeltrofee gewen het.
Dit het sommer baie goed gegaan met Steenbokpan se VLU tak gedurende Bosveld Streek se tiende konferensie. Die trotse tak is met 16 lede verteenwoordig tydens die konferensie wat op 16 Maart by Tom Burke gehou is. Talle kompetisie artikels wat hier uitgestal is, het Steenbokpan etikette gedra waarvan Surita Steenkamp se pewter kissie en Bets Beukes se makataan stukke altwee tweede plekke behaal het. Tharina Pelser se foto-inskrywing gaan ook deur na die Kongres wat in Mei gehou word.
Die tak het ook op 13 April hul Gesondheidsvergadering gehou. Die kompetisie artikels was klapperys en ‘n kaartjie en koevert van handgemaakte papier. Yolandie van Deventer van die Gesondheid en skoonheidskliniek in Onverwacht, het die lede ‘n hele paar interessante feite oor gesondheidsbehandeling vertel.
Steenbokpan het ook ‘n nuwe nuusbrief bekendgestel wat heet “Steenbok ore” en sal elke maand uitgegee word.  Steenbokpan nooi alle vroue vriendelik uit na hul volgende vergadering op 11 Mei om 13:00 by Steenbokpan Boeresaal. Kontak vir Elize Jordaan by (014) 779 0960, Ilana Venter by (014) 779 0608 of Riana Peacock by (014) 766 0229.