General

Northam polisie vra hulp

NORTHAM – Die SAPD is dringend opsoek na inligting wat kan lei tot die arrestasie van ‘n onbekende verdagte wat mnr Petrus van Blerk op 3 Maart by die Grasdak aangerand het. Van Blerk is vermoedelik die oggend om 03:00 met ‘n voorwerp oor die kop geslaan. Na wat verneem word is die beseerde in Krugersdorp hospitaal behandel en later ontslaan.
Van Blerk het egter op 21 April beswyk as gevolg van sy besering. Die polisie op Northam het ‘n beloning uitgereik vir enigiemand met inligting wat kan lei tot die arrestasie van die verdagte. Inspekteur Monyanangene kan geskakel word by 073 302 8401.
In ‘n tweede voorval het drie gewapende rowers op 30 April om 19:30, ‘n besigheid in Skilpadnes van R3000 geroof. Na wat verneem word het die rowers skote gevuur en een aangehoudende is in die voet gewond. Enigiemand met inligting kan Inspekteur Moshampi skakel by 073 278 5771.
Verlede Sondag, 1 Mei, het vyf verdagtes ‘n sekuriteitswag by die Coca Cola Depo oorrompel en hom vasgemaak. Na bewering het die verdagtes die kluis met ‘n hoekslypsteen oopgemaak en R65000 gebuit. Enigiemand met inligting kan Inspekteur Moshampi kontak by 073 278 5771.