Mobiele SAPD op Kromdraai
KROMDRAAI – ‘n Groot aanwins vir die Kromdraai omgewing is dat die SAPD ‘n mobiele plattelandse gemeenskaps dienssentrum na Rooiberg en Kromdraai bring wat vir die inwoners van groot hulp sal wees. Die SAPD mobiele eenheid sal elke Dinsdag vanaf 10:00 tot 14:00 by die Kromdraai ontspanningsaal beskikbaar wees. Pensioenarisse kan vir hernuwing van hul pensioengelde kom aansoek doen asook dossiere kom oopmaak indien nodig. Al hierdie dienste sal beskikbaar wees. Indien daar baie belangstelling is sal die mobiele sentrum meer male in gebruik wees. Inspekteur Motzulli sê dat die mobiele eenheid op 11 Mei op die terrein van Laerskool Ysterberg beskikbaar sal wees met personeel van Binnelandse Sake om te help met identiteitsdokument aansoeke sowel as geboortesertifikate.