Laerskool wenners by Eisteddfod

THABAZIMBI – Laerskool Thabazimbi het twee leerlinge wat Woensdag, 27 April  deelgeneem het in die Ligtemusiek afdeling van Beeld Eisteddfod te Laerskool Garsfontein. Bealde Enslin sing “Tomorrow” en kry ‘n A. Lana Senekal sing “Toy Story” en kry ‘n A+ (medalje).
Ses leerlinge het verlede Saterdag, 30 April weer deelgeneem in die Ligtemusiek afdeling te Laerskool Garsfontein. Anri Prinsloo sing “Summer Holiday” en kry ‘n A+ (medalje). Niëlda Eloff sing “Dankie liewe ouma” en kry ‘n A. Clarise Smith sing “Once upon a December” en kry ‘n A. Nadia Janse van Rensburg sing “Meisiekind” en kry ‘n B+. Corrie Minnaar sing “On top of the world” en kry ‘n B+, sy sing ook “Kallie Kieterkat” en kry ‘n B+. Lara Snyman sing “Kampvuurfeëtjie” en kry ‘n A+ (medalje) en Lené Campher sing “Kaapse draai” en kry ‘n A.