General

HFM rugby uitslae

THABAZIMBI – Hoërskool Frikkie Meyer se rugby spelers het verlede Vrydag teen Bergsig te staan gekom op HFM se tuisvelde. Die O/14A span speel gelykop met 12 elk, die O/15A span verloor 8-15, die O/16A span wen 18-10, die derdespan wen 23-3 en die tweedespan wen 29-0.
Die eerstespan het verlede week vier wedstryde gespeel en al vier gewen. Hulle pak Potchefstroom Volkskool verlede Dinsdag en wen 19-5. Woensdag het hulle in die Puk-reeks teen Ellisras gespeel en 21-15 gewen. Hulle maak weer so in hul wedstryd Vrydag teen Bergsig en wen 20-0. Saterdag het hulle St Albians College gepak en ook hierdie wedstryd 21-10 gewen.