HFM hokkie uitslae
THABAZIMBI – Die hokkiespelers van HFM het verlede Vrydag teen Bergsig gespeel en die uitslae is as volg: O/14B span wen 6-0, O/14A span wen 4-1, O/15B span speel gelykop met een elk, O15A span wen 6-0, O/16A span wen 2-1, die tweedespan wen 2-0 en die Blue Chip eerstespan wen 9-0. Altesaam 14 van hierdie hokkiespelers uit die O/14 tot O/19 spanne word gekies vir die Noord-Wes Provinsiale span.