Sport

Gholfnuus

THABAZIMBI – Verlede Woensdag het die gholfspelers van Thabazimbi Vryheidsdag op die gholfbaan gevier. Die Pick ‘n Pay Sundowner is oor 18 putjies gespeel en die meneer van Pick ‘n Pay, Bernie Gous, het nog twee addisionele koopbewyse beskikbaar gestel.
Die lede bedank Bernie vir sy positiewe gesindheid. Die punte wat pryse gewen het, was die 37 van Derek Torlage, 36 van Johan Prinsloo, Jacob Jordaan en Piet Venter. Die aand is daar ‘n vleisie gebraai en gesellig Vryheid gevier.
‘n Uitmuntende Interaksie is Vrydag, 29 April gespeel. Dalk was die meeste manne by die Wildsfees. Kobus Robbertse en Freddie Senekal tel Len Scott en Vollie Volschenk uit op 25 punte. ‘n Paar van die spanne sal solank moet begin spaar om die afwesigheids-boetes te betaal.
Die afgelope Maandag was dit die Junior kampioenskappe. Die opkoms was teleurstellend en daar gaan indringend gekyk word na ‘n meer gepaste datum. Daar is ook ‘n groot bekommernis dat daar so min of geen dogters is wat belang stel. Jaco Prinsloo, met 152 oor die 36 putjies is die Junior Kampioen vir 2005. Hy is ook vroeër die jaar as die Klubkampioen gekroon. Jaco speel van ‘n 3-voorgee af en daar word nog ‘n blink gholf toekoms vir hom voorsien. Johan Smit speel van ‘n 6-voorgee af en was die naaswenner met 165. Johan is ook een van die klub se belowende juniors wat gerus dop gehou kan word. Die netto-wenner was Jacques Payne met 146.
Gert van Niekerk, wat ‘n lid is by Amandelbult het ook gespeel. Hy het 162 bruto aangeteken maar aangesien die klubkampioenskap ‘n geslote kompetisie is, kon hy nie vir die tweede plek kwalifiseer nie. Sy deelname word egter hoog op prys gestel.
Saterdag, 7 Mei word geborg deur die Duiweklub. Dit is ‘n Beterbal kompetisie met ‘n keuse bofhou (scramble drive). 14 Mei is dit Slagspel. Donderdag, 19 Mei speel die Sages weer op Nylstroom. 21 Mei is dit Liga op Mooinooi waar Thabazimbi teen Brits speel en die Veterane teen Mooinooi. Die tweede Eklektiek kompetisie begin ook hierdie maand. Lede moet asseblief hierdie baie interessante kompetisie ondersteun. Lede moet ook asseblief op die lys in die klub aandui of hulle aan die Indiwiduele Putjiespel gaan deelneem.
Die komitee en lede dra hul innige meegevoel oor aan Kobus en Kruger Robbertse met die afsterwe van hul vader.

Science Of Sport – Golf

Great Golf Courses Of Southern Africa

Golf: Greatest Ever Moments