General

CANSA “Spinathon”

THABAZIMBI – Die CANSA “Spinathon” wat verlede Saterdag tydens die Wild en Toerisme Expo aangebied is, het oor die 30 spanne opgelewer vir deelname. Aan geesdriftigheid en uithouvermoë het daar nie ontbreek nie, en die spanne moes uithaal en wys waar Dawid die asems begrawe het.
Van Swartklip is daar heelwat inskrywings ontvang met onder andere hul dokterspan en hul verpleegsterspan wat mekaar om die “teater tafel” gejaag het. Aan skolespanne was daar ook nie ‘n tekort nie en die jongspan het alles in die stryd gewerp om in die voortou te bly. Die manlike Amplatsspan het die res egter in die stof laat byt en tree as algehele wenners uit die “Spinathon”. Active Life van Thabazimbi en Karin Spin Studio van Swartklip het onder andere die spinapparate vir die dag geborg.