Bulletjies by Loftus

THABAZIMBI – Die bulletjies rugbyspanne was op 27 April na Loftus waar oor die 4300 bulletjies van onderskeidelik O/6, O/7 en O/8 spanne teen mekaar meegeding het. Die O/6 spannetjie speel vier wedstryde en wen al vier. Die O/7 span speel vier waarvan hulle een gelykop speel, twee wen en direk daarna weer speel en verloor. Die O/8 span speel ook vier wedstryde en wen al vier.
Die bulletjies ontvang elkeen ‘n waterbottel, ‘n klein rugbybal, ‘n medalje en ‘n pennesakkie. Al hul verwagtinge is oortref toe die hele Blou Bul span teenwoordig was en met hulle kon gesels en saam foto’s neem.
Dit was voorwaar ‘n groot gebeurtenis vir enige bulletjie. Hulle speel more, 6 Mei teen Naboomspruit, 28 Mei teen Tsipese en 4 Junie kom hulle te staan teen Swartklip.