General

4×4 Baan hierdie jaar taai

THABAZIMBI – Die jaarlikse 4×4 rit wat tydens die Wild en Toerisme Expo aangebied word, se baan was vanjaar besonder taai. ‘n Hindernis aan die begin van die baan, het die manne aan die gons gehad en die organiseerders het aan hulle gedemonstreer dat die hindernis wel rybaar was.
Die eerste twee voertuie het deurgekom, maar die volgende twee 4×4 voertuie het neus in die grond vasgesteek en vooroor geslaan. Daar was gelukkig nie ernstige beserings nie, en die organiseerdes het besluit om hierdie hindernis te onttrek.
Die Kwêvoël se span, Koos Jacobs en Werner Taljaard, het met ‘n Willy’s Jeep gery, maar die modder en rowwe terrein het daartoe gelei dat sy koppelaar gebrand het en hulle kon nie die rit voltooi nie. Dit was egter nie die enigste span wat ‘n koppelaar gebrand het nie.
Die oggend se spanning was gou vergete en daar is heerlik gebraai en gekuier en spanne het mekaar geesdriftig aangemoedig tot by die eindpunt. Die algehele wenner was Ben van Wyk met ‘n Landrover Defender 110 TD5. Hierdie voertuig is ‘n standaard produksie voertuig met geen ewenaar slotte nie en het besonder goed presteer op hierdie rowwe terrein.

Africa Overland: 4×4, Motorbike, Bicycle, Truck