General

Suid-Afrika mag olifante uitdun

Vir die eerste keer in ‘n dekade, mag Suid-Afrika nou olifante uitdun, ‘n beweging wat diere liefhebbers beskryf as wreed en onaanvaarbaar, maar wat mag nodig wees om ‘n opgehoopte populasie te beheer.
“Ons neig ernstig na die uitdunning van olifante en ons wil hê die publiek moet hierdie harde feit verwerk,” het mnr Hector Magome, direkteur van bewaringsdienste vir Suid-Afrika se Nasionale Parke, onlangs aan ‘n nuusgroep gesê.
“Daar is ‘n konsensus dat ons die populasie moet verminder in ‘n korttermyn en kyk tans na ‘n langtermyn oplossing”. Hy het gesê ‘n besluit moet teen Oktober geneem wees. Sy opmerkings is tot dusver die duidelikste rakende die natuurbewarings beamptes wat mag druk vir uitdunning.
Hulle was vir jare bekommerd oor die groei van olifant troppe en baie sien die uitdunning as die enigste effektiewe oplossing. Olifante is nie meer vry om rond te dwaal nie, en veroorsaak verwoesting in hul beperkte terrein. Hulle vernietig groot areas se bome en maak dit vir ander diere moeilik om te oorleef wat hul ruimte met hul deel.
Maar uitdunning gaan vir seker veroorsaak dat diere organisasies wêreldwyd gaan protesteer, aangesien hulle redeneer dat olifante intelligente, emosionele diere is en dat die praktyk wreed is. Uitdunning behels die inkamping en dan uitwissing van die hele familie groep – ‘n praktyk wat selfs ondersteuners sê hoogs onaangenaam is.
Maar bioloë sê dat Suid-Afrika se vlagskip, die Nasionale Kruger Wildtuin, in ‘n krisis gedompel is as gevolg van die geweldige groei van olifant syfers wat elk tot
170 kilogram per dag eet. Sedert uitdunning gestaak is onder ‘n moratorium in 1994, het parke se olifant populasie, van ongeveer 7000 tot naby 120000, toegeneem.
“Ons gaan vier voorgestelde opsies in April in die Staatskoerant publiseer en nooi die publiek uit om kommentaar daarop te lewer. Ons hoop om teen Oktober die finale olifant bestuursplan goedgekeur te kry deur die minister van omgewingsake” het Magome gesê.
Hy sê die eerste opsie was uitdunning, die tweede hervestiging en die derde geboortebeperking. Die vierde keuse sou ‘n kombinasie van uitdunning en geboortebeperking wees by die kleiner olifante.
Bron: SA Koöp

Field Guide to the Mammals of The Kruger National Park @ Kalahari.net
Bloody Ivory: The Massacre of the African Elephant @ Kalahari.net
Getaway Guide to Where to Watch Game in the Kruger National Park @ Kalahari.net