General

Oudekraal landgoed – Goed op dreef

THABAZIMBI – Die eksklusiewe ontwikkeling op die hoek van Warmbadweg en Hamerkopstraat is in volle swang. Bouwerk het reeds begin. Hierdie sekuriteitsdorp beloof om ‘n baie hoë standaard ontwikkeling te wees. Die blaaie op die kombuis kaste gaan graniet wees en die lugversorgingseenheid in die oopplan gedeelte gaan sorg vir heerlike gerief. Die hoof slaapkamer gaan ook toegerus word met ‘n toepaslike lugversorger. Verder sal die eienaar die gerief geniet van ‘n hoë standaard buite braai met gedeeltelike onderdak stoep. Die ongeveer 6.4m gedeelte hoë dak, pas ook perfek aan in die bosveld omgewing bo en behalwe die argitektoniese en estetiese waarde. 50% Van die projek is reeds binne 2 weke geallokeer en voornemende huiseienaars en/of beleggers moet vinnig optree om teleurstelling te voorkom.
Die ontwikkelaars is Piet du Toit, Johan Gerber en Stefan Naudé. Die bouaannemer is Jan Botha. Die span ontwikkelaars beloof dat Oudekraal sekuriteitsdorp enig in sy soort in Thabazimbi gaan wees. Drie tipes huise word gebou naamlik 10 huise van 120m², enkel geriewe. 25 Huise van 161m² dubbel geriewe en 4 huise van 202m² dubbel geriewe. ‘n Pragtige park word ontwikkel in die middel van die ontwikkeling.
Die eerste huise behoort hierdie naweek of die eerste week in Mei reeds dak hoogte te wees. Die huise is deur die argitek Daleen Fuchs ontwerp en haar kritiese oog verseker in samewerking met die bouaannemer dat bouwerk van ‘n puik gehalte is.
Bertie Joubert Eiendomme het die eksklusiewe mandaat ten opsigte van bemarking van die sekuriteitsdorp. Enige belangstellendes kan volledige planne en drie dimensionele uitlegte besigtig by die kantoor in Rietbokstraat 8, of kontak Bertie Joubert by 082 373 8301 of Barend Gerber by 082 469 5727 om ‘n afspraak te reël. Kom belê nou om teleurstelling te vermy.