Karate studente presteer

THABAZIMBI – Bosveld Karate Akademie se studente het onlangs gegradeer en vorder besonder goed. Die standaard van die gradering was, soos in die verlede, weer hoog. Die studente hou aan en byt vas, want as beloning wag daar later ‘n swart belt.
Marlize Botha, ‘n student wat 8 April aan ‘n kompetisie deelgeneem het, het al haar teenstaanders in die stof laat byt. Sy het gradeer en gevorder tot Sho Dun (eerste swart belt), junior.
Bosveld Karate Akademie oefen Dinsdae vanaf 15:30 in die Bioskoop saal en enigiemand wat belangstel, kan Sensei Marius Fereira kontak by 082 925 9749 of vir Sensei Venter Combrink by 083 395 2768.