Inbraak by TLU-SA Distrik kantoor

Die voorsitter van TLU-SA Potgietersrus Distrik, mnr Peet Peens het sy skok uitgespreek na die inbraak Vrydag, 15 April en weer Saterdag, 16 April by hul Distrik kantoor. Peens het gesê dat slegs die hardeskyf van die rekenaar en CD skywe waarop die kantoor data geberg was, gesteel is.
Die toue van die rekenaar is ook afgesny. Die faksmasjien en ander elektroniese toerusting en kantoor toerusting is nie gesteel nie. Hy het die SAPD bedank vir hul vinnige optrede en gesê hulle was binne minute op die toneel nadat hulle geskakel was.
Peens sê dat daar egter geen vingerafdrukke op die toneel gevind is nie. Hy vermoed dat die rowers professionele diewe is. Hy het gesê dat twee ondernemings in dieselfde gebou ook deurgeloop het. By albei plekke is slegs die hardeskywe en CD skywe gesteel.
Peens het lede van TLU-SA in Potgietersrus ingelig dat die kantoor verskuif word aangesien die huidige kantoor ‘n veiligheidsrisiko geword het.