Sport

Gholfnuus

THABAZIMBI – Die vorige week het die gholfklub ‘n redelike droogte aan spelers gehad. Dit kan toegeskryf word aan die setperke wat belug en behandel is en dus nie gesny kon word nie. Daar is egter hierdie week weer begin om die setperke te sny. Binne die volgende drie weke sal alles weer terug na normaal wees.
Verlede Saterdag, op Warmbad, verloor die ligaspan teen Amandelbult. Daar is egter nog genoeg tyd oor om die terugslag reg te stel. Die Klub wens ook die manne sterkte toe vir die oorblywende wedstryde. Die veterane het ook teen Lost City verloor.
Verlede Woensdag en Donderdag was dit die Sages van Waterberg se kampioenskappe op Warmbad. Piet Venter, een van dié klub se lede word as kampioen gekroon. Baie geluk, Piet, hoop jy kan die tradisie in die komende jare voortsit.
Vrydag, 29 April is dit weer Interaksie Gholf en Saterdag is dit IPS. Op 2 Mei is dit die juniors se kampioenskappe en IPS vir die res van die spelers. Die juniors moet asseblief almal kom speel. 7 Mei se gholf word deur die Duiweklub geborg. Daar gaan weer baie goeie pryse wees. 14 Mei is dit die maandelikse slagspel. Donderdag 19 Mei speel die Sages weer op Nylstroom. 21 Mei is dit weer liga op Mooinooi. Thabazimbi speel teen Brits en die veterane teen Mooinooi. Tuis sal daar “Greensomes” gespeel word.
Reël 10-2 a lees: “The competitor who has the honour at the first teeing ground is determined by order of the draw. In the absence of a draw, the honour is decided by lot. The competitor with the lowest score at a hole takes the honour at the next teeing ground.”

Science Of Sport – Golf

Great Golf Courses Of Southern Africa

Golf: Greatest Ever Moments