Bekende PTA sanger by Expo
Magiel Steyn ‘n bekende sanger van Pretoria wat optree tydens die Thabazimbi Expo op Vrydag vanaf 14:00 tot 14:30 en Saterdag vanaf 15:30 tot 16:00 by die hoofverhoog. Magiel het van kleins af die droom gekoester om sanger te word. As skolier het hy reeds in die laerskool en hoërskool koor gesing en was in standerd 4 een van vier kinders wat uit die streek gekies is vir die Wesrand Kinderkoor. In April 2003 hoor Johan Swart hom sing tydens ‘n sang kompetisie en offer daarna vir Magiel ‘n demo opname in sy Studio, Johan Swart produksies. In plaas van ‘n demo het Magiel 10 liedjies opgeneem op sy album wat in Junie, tydens die Pretoria Skou vrygestel is. Magiel sê ‘n groot gebeurtenis in sy lewe was dat hy “Hemel op Tafelberg” opgeneem het en Kurt Darren sy vrystelling bygewoon het en hom gekomplementeer het oor die manier waarop hy die liedjie gesing het. Hy het ook intussen opgetree by ‘n Franse model funksie saam met Brandon October van Idols. Daarna het Magiel ook by die Pioniers Museum saam verskeie ander kunstenaars ‘n voorskou vir Jaques de Coning gedoen.