Dikhololo – Die Blywende Bosveldervaring
Vir ‘n onvergeetlike vakansie-ervaring – besoek Dikhololo. Geleë ongeveer 34 km noord-wes van Brits in die hartjie van die bosveld. Ervaar die rustigheid van die natuur op die Dikhololo manier. Wat is nou lekkerder as om weer in perfekte harmonie met die natuur te wees. Om jou elke oomblik van die dag te verlustig in die wye verskeidenheid wild, voëls en plante. Om saans onder die sterre langs ‘n kampvuur na die naggeluide te sit en luister.
Dikhololo het voorwaar baie om aan te bied. Akkommodasie bestaan uit 4, 6 en 8-bed selfsorg grasdak chalets wat ten volle toegerus is met kombuistoerusting, waaiers, sateliet-televisie en braai-fasiliteite. Elke eenheid word daagliks gediens. Die chalets is gegroepeer in kampe, party met ‘n eie swembad.
Fasiliteite sluit in ‘n winkel, dameskroeg, drankwinkel, verhitte swembad, speletjieskamer, swembaddens, verhitte glybaan en ‘n uitstekende restaurant om maar enkeles te noem.
Vir dié wat ‘n meer aktiewe vakansie verkies bied Dikhololo mini-golf, tennis, tafeltennis, muurbal, wildbesigtigingsritte, staptoere, bingo en ‘n volledige vermaaklikheidsprogram gedurende vakansies. Gaste word aangemoedig om hulle eie fietse saam te bring.
Dikhololo is natuurlik ook bekend as ‘n baie gewilde konferensie-bestemming – wat selfs 200 of meer mense met gemak kan hanteer. Besoek gerus ons webwerf by www.dikhololo.co.za.