General

VLU vrou hoor oor vuurwapenwet

THABAZIMBI – Jaco van Vuuren, ‘n vuurwapen instrukteur wat by die “Special Asset Protection Services” geregistreer is, het die VLU dames meer oor die wetsaspekte oor die nuwe vuurwapenwet toegelig. Jaco het veral klem gelê op wat die erfgenaam van ‘n vuurwapen te doen staan. Vuurwapens moet te alle tye in ‘n goedgekeurde vuurwapenkluis geberg word. Die nuwe eienaar moet onmiddellik aansoek doen vir ‘n tydelike permit. Alle inligting oor so ‘n situasie sal die SAP of ‘n instukteur u mee kan help.
Hierdie inligting wat Jaco gedeel het, was baie leersaam. Besoek Jaco gerus indien u die erfgenaam van ‘n wapen is en nie seker is wat die prosedure is nie. Jaco is ook die regte persoon om jou te help met al die vuurwapenwette en nuwe lisensies.
Die VLU dames het elkeen ‘n pamflet ontvang waarop alles deeglik uiteengesit is, oor wat presies om te doen, as erfgenaam van ‘n vuurwapen.