General

NG Kerk Northam hou weer basaar

NORTHAM – Die NG Kerk Northam hou op 30 April weer hul jaarlikse basaar op die kerk gronde langs die polisie stasie. Verrigtinge sal om 9:00 afskop met ds Hennie wat die gebruiklike opening sal waarneem.
Daar sal beslis meer opwinding die jaar wees met al die aktiwiteite op die program. Verskeie stalletjies gaan hul produkte soos keramiek, huisvleit, kindertafel, plaas produkte, kaas ensovoorts te koop aanbied. ‘n Teetuin en snoepie gaan ook deel uitmaak van die stalletjies.
Eetgoed om van te kies en te keur sal deurentyd beskikbaar wees. Treffers wat weer beskikbaar gaan wees is boereworsrolletjies, kerrie en rys, potjiekos, roerbraai geregte, pannekoek, nagereg en nog vele meer.
Van die aktiwiteite wat aangebied word sluit in skyfskiet- en kettieskietkompetisie, spieël fotografie, speletjies en dromry. Die NG Kerk het beloof dat hierdie ‘n dag gaan wees wat nie misgeloop moet word nie.