Krisis en Beheersentrum vir Thabazimbi
THABAZIMBI – Tydens die afgelope VLU vergadering is aangekondig dat Thabazimbi se Krisis en Beheer Sentrum vanaf 1 Mei, in werking sal tree. Hierdie sentrum gaan 24 uur beheer word. Alle noodvoertuie, van ‘n ambulans tot die brandweer asook reddingsdienste en hulp met plaasaanvalle sal deur die sentrum behartig word. Die beheersentrum is langs die hospitale geleë. Henk Havenga van Life Rescue, en sy span sal in beheer wees van die sentrum wat nou as Thabazimbi Krisis Beheer bekend sal wees.
Ambulans noodgevalle in Thabazimbi dorp sal ook as ‘n gratis diens gelewer word. Buiten nooddienste soos ongelukke, brand, plaasaanvalle ensovoorts kan u na ure ook op hulle nommer druk. Die krisissentrum is by die weermag ingekontrakteer vir helikopter hulp met reddingspogings.
Persone wat graag algemene noodhulpkursusse (1,2 en 3) wil volg kan ook hier aanklop vir hulp. Henk het al hierdie inligting. Die telefoonnommer van die Krisis en Beheer Sentrum is (014) 772 2300 (eers vanaf 1 Mei). Henk se selfoonnommer is 083 433 2319.