General

Gewilde skietkompetisies weereens deel van Expo

THABAZIMBI – Die Wild en Toerisme Expo bied weereens vanjaar hulle uiters gewilde skietkompetisies, naamlik jaggeweer, kleiduif en windgeweer aan. Die jaggeweer skietkompetisie vind Vrydag 29 April en Saterdag 30 April plaas. Beide dae vind die kompetisies op die Koos Cronje geweerskietbaan plaas. Vrydag 29 April begin die kompetisie vanaf 14:00 en Saterdag vanaf 08:00. Inskrywingsfooi is R30 per inskrywing, enige kaliber geweer (jou eie) en eie ammunisie. Die afstande is 50m staan, 100m kniel en 200m sit, drie skote elk, met ware grootte diere teikens. Skuts mag van spotters en geweerbande gebruik maak, maar geen stutte of enige ander middele om dooie rus te skiet nie.
‘n Addisionele jaggeweer kompetisie van 300m, met optiese visiere (teleskope) of ystervisiere (oop visiere) vind op Saterdag 30 April vanaf 15:00 plaas. Inskrywingsfooi beloop R15 per persoon. Die haelgeweer en kleiduif kompetisies vind ook Vrydag 29 April en Saterdag 30 April vanaf 08:00 op die Thabazimbi Kommandoterrein plaas. Skuts moet hul eie 12 boor haelgeweer bring, ammunisie en kleie word voorsien. Inskrywingsfooi beloop R120 per persoon.
Die windgeweer kompetisie word Vrydag 29 April en Saterdag 30 April vanaf 08:00 op Thabazimbi Kommandoterrein aangebied. Wapens, ammunisie en teikens word voorsien. Die afstand is 10 meter staande, twee nie-telbare proefskote en 10 telbare skote per oefening. Die inskrywingsfooi beloop R20 per lope en inskrywing is onbeperk.
Alle pryse in al die afdelings, word Saterdag 30 April on 17:00 te Thabazimbi Kommando HK uitgedeel. Navrae oor die kompetisies kan by Thabazimbi Kommando wat die kompetisie aanbied, gedoen word by (014) 777 1209 of 777 1229. U kan ook Schalk Pienaar 083 563 8397, Hannes Wolmarans 083 511 5661, Evert Kleynhans 072 221 5470 of Adriaan Smit 083 260 9580 skakel.

Thabazimbi Expo