General

Vuurwapenlisensies steeds op voorgrond

HOOPDAL – Die SAPD Hoopdal wil graag die gemeenskap se aandag daarop vestig dat daar ‘n geakkrediteerde instansie in hul midde is, wat kan help met nuwe vuurwapenlisensies. Personeellede van ‘n bekende besigheid in Thabazimbi het die bul by die horings gepak en hul vuurwapenlisensies soos een man laat hernu voor die groot stormloop. Besighede of individue kan gerus van die fasiliteit gebruik maak en sal beslis daarby baat vind. Vir meer besonderhede kan Inspekteur Brits gekontak word by (014) 779 0601.