SAVF Bruidskompetisie
THABAZIMBI – Die SAVF Bruidskompetisie 2004/5 het weer in volle vaart afgeskop. Alle bruide kan vir die gewilde kompetisie inskryf. Bruide wat inskryf hoef nie in Thabazimbi woonagtig te wees nie, en die enigste vereiste is dat sy as finalis die glansgeleentheid saam met haar agt tafelgaste moet bywoon.
Kontant sowel as talle ander gesogte pryse is op die spel. Kategorieë waarin meegeding kan word is: Wenbruid (nie seisoenbruid), seisoenbruide, beste geskrewe stukkie, oorspronklikste foto en dan natuurlik die mooiste tafel. Bruide wat vanaf Maart tot Augustus 2004 (herfs- en winterbruide) reeds getrou het, word genooi om solank in te skryf, want dit sal die kompetisie tussen lente en somerbruide soveel beter maak.
Die SAVF wag ook in spanning vir die bruide wat nog gaan trou om ook in te skryf. Hierdie gaan ‘n geleentheid wees wat nie maklik vergeet sal word nie, aangesien die gala aand aangebied word tydens die 2006 Wild en Toerisme Expo.
Vir inskrywingsvorms kan Marieta gekontak word by 082 926 8594.