Nuwe hulpgroep vir Thaba
THABAZIMBI – ‘n Groot behoefte vir versorging van kanker en terminale pasiënte in Thabazimbi en omgewing het ontstaan, wat daartoe gelei het dat ‘n nuwe hulpgroep gestig is. ‘n Klompie vrywilligers het besluit om hierdie taak op hulle te neem en ‘n diens aan hul gemeenskap te lewer.
Vrywilligers ondersteun en beraad kanker en terminale pasiënte en families waar nodig en wil poog om ook toerusting soos beddens, rolstoele ensovoorts aan te skaf sodra die nodige fondse gegenereer is.
Alle fondse wat gegenereer word sal in die Thabazimbi omgewing aangewend word. Sodanige toerusting sal dan aan pasiënte beskikbaar gestel kan word. Vrywilligers, pasiënte of instansies wat belangstel, of ‘n pasiënt wil aanmeld kan Rykie May kontak by 082 602 4379 of Ansie Pretorius by 082 928 7098.
Die hulpgroep se eerste fondsinsameling geskied by die Thabazimbi Expo waar ‘n kosstalletjie bedryf sal word deur vrywilligers.