HFM sport uitslae

THABAZIMBI – Die afgelope naweek het Hoërskool Frikkie Meyer se rugby-, netbal- en hokkiespelers aan die semifinaal van die PUK reeks deelgeneem te Pretoria.
Rugby uitslae as volg: Die O/14B span wen Overkruin 22-0, die tweedespan wen Overkruin 21-0 en die eerstespan wen Rob Ferreira 22-18. Die res van die spanne het hul wedstryde verloor.
Hokkie uitslae teen Overkruin: Die O/14B wen 1-1 en met stafdoele 2-0, die O/14A wen
2-1, O/15B wen 1-0, en die O/15A span wen 5-0. Die res van die hokkiespanne verloor hul wedstryde.
Netbal uitslae: Die O/14A span wen teen Overkruin 16-13, O/15 A wen Rob Ferreira
25-10 en die O/15 B wen Rob Ferreira 25-7. Die O/16A wen Overkruin 21-14 en die tweedespan wen 29-9 teen Rob Ferreira.
Tennis uislae: Die seuns wen in die liga teen Grenswag 8-0. Die dogters eindig gelyk met vier wedstryde elk teen Grenswag, maar verloor ongelukkig net met spelle. Die tennisspanne speel vandag, 15 April op hul tuisvelde en die publiek word vriendelik uitgenooi ter ondersteuning.