Sport

Gholfnuus

THABAZIMBI – Verlede Saterdag se Beterbal Gholfkompetisie was geborg deur Midas en 56 spelers het meegeding vir die baie en duursame pryse. Familie sameswerings het die wenners opgelewer.
Pa en seun, Johan en Maartin Prinsloo was met 46 punte eerste. Op ‘n uittel is Pa en skoonseun, Vollie Volschenk en Denis Dreyer, tweede met 45 punte. Jakkie van der Wateren en Piet Venter, ook op 45 was derde. Elf pare het pryse gewen en daarna het die gaskunstenaar nog talle pryse tydens sy besondere vertoning uitgedeel.
Die Gholfklub bedank Midas, Jacob Jordaan en sy personeel vir ‘n besonder aangename dag. Die gaskunstenaar was ‘n heerlike nuwigheid en die kos wat Louis voorgesit het, was ook weer soos altyd ‘n lus om te geniet. Almal wat bygedra het tot die sukses van die dag word ook bedank.
Pietie Terblanche het weer span gekry vir die Gauteng Noord se Veterane en speel die komende week op die ERPM-baan aan die Oosrand in die Inter-provinsiale toernooi. Die klub- en seniorlede wens hom sterkte en sukses toe aangesien hy die klub se naam hoog hou.
Daar word vandag, 15 April, ‘n gholftoernooi aangebied deur die Frekwensies van Hoërskool Frikkie Meyer, en sal op die baan van Mabalingwe geskied. Saterdag, 16 April is dit die Laerskool Dwaalboom se borgdag. Woensdag, 21 April en Donderdag 22 April, speel die Sages op Warmbad in die Waterberg Kampioenskappe.
Die liga vind op Saterdag, 23 April plaas te Warmbad. Thabazimbi speel teen Amandelbult en die Veterane teen Lost City. Interaksie Gholf volg Vrydag, 29 April. Daar is alreeds ‘n paar spanne en pare wat, deur net weg te bly van vorige kompetisies, ‘n boete opgelê is. Hoe langer die manne stokkies draai, hoe groter word die boete. Maak seker dat julle almal die dag opdaag.
Die baan is tans in ‘n besonder goeie toestand. Dit is veral indrukwekkend as daar in gedagte gehou word dat die bakkie ‘n ruk terug in ‘n ongeluk afgeskryf is en die ander toerusting steeds oud en oorwerk is. Eddie Williams (wat intussen die baan onderhou) en sy span verdien net die hoogste lof.
Die Gholfreëls is baie tegnies geskryf en daar moet baie mooi gekyk word na die presiese woorde wat gebruik word. Reël 4-4b lees: “Partners may share clubs, provided that the total number of clubs carried by the partners so sharing does not exceed fourteen.” Die reël moet gelees word met die wete wat die onderskeid is tussen “competitors, opponents and partners”. Die klub het egter ‘n plaaslike reël wat bepaal dat spelers nie stokke mag deel nie.

Science Of Sport – Golf

Great Golf Courses Of Southern Africa

Golf: Greatest Ever Moments