General

Gewapende rowers buit duisende

THABAZIMBI – Twee gewapende rowers het Woensdagoggend R13 500 in kontant by El-Shaddai Fashions gebuit. Na wat berig word het die verdagtes die winkel om ongeveer 10:00 binnegegaan en die eienares en ‘n familielid met vuurwapens aangehou en alle kontant versoek.
Die rowers het te voet op die vlug geslaan waarna die eienares en die familielid uitgehardloop het en die deur agter hulle toegeslaan het. Die eienares het in die hardloop inmekaar gesak en is in die hospitaal opgeneem vir skok.
In die harwar is die winkel se sleutels binne vergeet en kon hulle nie die winkel weer binnegaan nie. Speurders het, met die hulp van ‘n jongman, deur ‘n skuifvenster die winkel oopgekry sodat PKRS moontlike vingerafdrukke kon neem.
Niemand is nog inhegtenis geneem nie en Inspekteur Gideon du Bruyn kan gekontak word by 083 390 9154 met enige inligting.