Bosveld Akademie se gewilde Boemelaarsdans
THABAZIMBI – Bosveld Akademie hou weer vanaand, 15 April hul gewilde Boemalaarsdans nadat hierdie geleentheid verlede jaar groot belangstelling uitgelok het. Verlede jaar moes die “boemelaars” die koue trotseer en moes voggies gebruik word om hitte in die ledemate te kry.
Vanjaar se boemelaarsdans is dus verskuif na Aprilmaand en vanaand gaan daar opgeskop word in die Trollopesaal om 19:00. Kaartjies beloop R60 per enkel persoon, R100 per paar en R120 per gesin (met maksimum van drie skoolgaande kinders). Kaartjie sal nog vanaand by die deure gekoop kan word en sluit ‘n ete in. ‘n Kontant kroeg sal ook beskikbaar wees.
Groot pryse wag op die besgeklede boemelaarsvrou en besgeklede boemelaarsman. Die musiek sal verskaf word deur Paul Dreyer. Vir meer besonderhede vir hierdie jolige byeenkoms kan me Martie van Vuuren gekontak word by 083 988 2253.