Span uit by Marakele Nasionale Park – Vroueblad
Die Vroueblad se “make-over” fotosessie is moontlik gemaak deur mnr Tinus Smit van Marakele Nasionale Park. Dit was ‘n dag vol pret en opwinding vir die model en Vroueblad span.
Marakele Nasionale Park is Thabazimbi se trots en ‘n baie gewilde wegbreek vir toeriste. Hier kan jy vergeet van die gewoel buite die Park se groot hekke en net agteroor sit en die natuurskoon en vars lug indrink.
Die Park het spoggerige tentkampe wat jou heeltemal kan laat vergeet dat jy wel in die bos is. Die Tlopi tentkamp bestaan uit tien tente met ‘n volledige toegeruste kombuis, braaiarea, badkamer en slaapkamer met twee enkelbeddens. Daar is ook twee “stretchers” beskikbaar vir eksta slaapplek. Tariewe beloop R550 per tent per nag vir een tot twee persone. Die tente is by ‘n groot watergat en die olifante se gunsteling speelplek.
By die Bontle kamp are bestaan uit 38 staanplekke wat in drie areas verdeel is. Elke area het sy eie ablusieblokke. Die staanplekke is groot genoeg vir ses persone en twee voertuie per staanplek. Kostes beloop R95 per nag per staanplek vir een tot twee persone.
Daar is ook oggend veld stappies wat R100 per persoon beloop met ‘n minimum van vier persone en ‘n maksimum van agt persone. Kinders onder twaalf jaar word egter nie op hierdie uitstappies ingesluit nie. Trek jou gemak skoene aan en kom deel in hierdie pragtige park se groot verskeidenheid wildsoorte. Dit sal ‘n onvergeetlike tyd in jou lewe bly!