General

Lapverf tafeldoeke – Vroueblad

Lapverf het is ‘n gogga wat die groot meederheid van die vroulike geslag gebyt het. By elke kunstefees, vlooimark en basaar pronk die vroue behoorlik met hul lapverf kuns. Van bedlampies, muurbehangsels, duvetoortreksels, gordyne, tafeldoeke, plekmatjies en nog vele meer.
Maar om uniek in hierdie kuns te wees, sit nie in elke ou se sitvlak nie. Dit is ure se werk en die afrondingswerk kan jou dae besig hou. Dit is besonder om te sien met hoeveel kleure kan daar gespeel word sonder dat dit botsend is.
Bets Jacobs is ‘n ou lapverf veteraan en deesdae verkies sy om tafeldoeke te verf. Die grootte van die tafeldoeke is groot genoeg vir ‘n klein tafel, so nie gebruik jy ‘n effekleur onder en die geverfde tafeldoek as “overlay”.
Hierdie kunstige vrou laat jou in verwondering met elke produk wat sy skep en afhandel. Dat sy ‘n natuurliefhebber is, spreek haar werk gulhartig van. Geen item of idee is te groot uitdaging vir Bets nie.
Die tafeldoeke se pryse varieer van grootte en tydsduur wat dit Bets neem om elke artikel te voltooi. Vir bestellings kan Bets gekontak word by 082 320 0514.