General

Jukskei B en C kampioenskappe

THABAZIMBI – Die B en C Jukskei kampioenskappe se tiende toernooi vind plaas vanaf 2 tot 6 Mei te Jukskeipark, Kroonstad. Die week gaan ‘n fees geleentheid wees en verskeie aandenkings asook ‘n feeshemp sal te koop aangebied word.
Die volgende spelers van die Nylwyksbond sal die Noordelike Provinsie verteenwoordig in die dubbels op Maandag, 2 Mei. Die res van die week speel die ander spanne van oor die hele land en Namibië.
Veterane 1 – Nic Bos (Nylstroom) en Daan Nell (Tarentale). Veterane 2 – Jan Kleynhans en Hannes van Rensburg (Naboompark), Hannes Venter (Thabazimbi) en Tony Keyter (Nylstroom). Mans C2 – Pieter Fourie (Naboompark). Dames B2 – Bets Prinsloo (Kromdraai), Dames B3 – Anna Venter (Thabazimbi), Marie Bos (Nylstroom) en Liefie Coetzee (Naboompark).
Die hoofbestuurder vir die toernooi is Martie Nell (Tarentale). Daar is ‘n trofee vir elke afdeling asook medaljes vir die eerste drie plekke. Vir meer besonderhede kan Martie Nell gekontak word by (014) 733 0611 of 083 532 1960.