General

HFM Blue Chip hokkiespelers toernooi wenners

THABAZIMBI – HFM se Blue Chip hokkiespan (eerstespan) is die afgelope vakansie aangewys as die toernooi wenners by die Voermol Amajuba Sportweek te Volksrus. Van die agt wedstryde wat hulle speel, wen hierdie span ses en speel twee gelykop. Hulle het altesaam 12 doele aangeteken en slegs een afgestaan.
Die O/16 hokkiespan speel tydens die toernooi sewe wedstryde waarvan hulle twee wen, twee gelykop speel en drie verloor. Berni Viljoen van hierdie span, ontvang die trofee vir die mees belowendste doelwagter van die toernooi.
Die O/15 span het al vyf hul wedstryde gewen. Mart-Marie Reyneke word aangewys as beste agterspeler op die toernooi. Hierdié spannetjie word aangewys as naaswenners vir doele vir en teen hul span.
Die O/14 span speel vyf wedstryde waarvan hulle vier wen en een gelykop speel. Hierdie spannetjie word ook aangewys as naaswenners vir doele vir en teen hul span.