General

Gholfnuus

Die gholfklub heet al die gelukkiges wat alweer vakansie gehou het, terug. Julle is net betyds terug vir ‘n paar opwindende naweke. April het verlede Saterdag begin met die maandelikse Slagspel en daar is goeie tellings aangeteken. Pietie Terblanche wen met ‘n net 68. Carel Payne (69) was tweede en Jaco Prinsloo (70) was derde.
Baie belangrik is die lys met die name van die lede wat aan die klub kampioenskappe deelgeneem het en by die klub op is. Hierdie spelers kwalifiseer almal vir die Indiwiduele Putjiespel wat in Mei gaan afskop. Lede moet net asseblief aandui of hulle gaan deelneem, dan kan die spelers wat nie aan die kampioenskappe deelgeneem het nie, ook nog deelneem. Vul net jou naam op die lys in. Die trekking sal ‘n gekeurde een wees volgens die prestasie in die kampioenskappe.
Op Saterdag, 9 April, is dit die Midas borgdag. Dit is ‘n Beterbal kompetisie en daar gaan glo ‘n hele paar duisend rand se pryse wees. Skryf asseblief betyds in sodat die trekking reeds Vrydag bekend kan wees. Die volgende Saterdag, 16 April, is dit die Laerskool Dwaalboom se borgdag. Die lys is ook reeds op. Saterdag, 23 April is dit weer Liga op Warmbad. Spelers wat belangstel kan gerus hulle name op die Ligalys skryf. Daar moet ‘n Veterane-span gekies word. Lede wat nie vir Thabazimbi of die Veterane gekies word nie, kan egter ook vir Rooiberg speel, indien nodig.
Vrydag, 29 April, is dit weer Interaksie. Dit is belangrik dat spelers besef dat spanne punte kry vir deelname. Die paar wat egter aan die einde van die reeks gaan wen, moes deur die jaar gereeld saam gespeel het. Spanne kan egter reserwes gebruik indien die gereelde spelers nie kan speel nie.
Daar is nog net hierdie maand oor vir die eerste been van die Eklektiek kompetisie. Spelers het hierdie eerste been so ‘n bietjie afgeskeep vanjaar. Met die geweldige uitbreidings in Thabazimbi en die huidige huispryse is dit net verbasend dat daar nie ‘n gepaardgaande groei in die gholfklub se ledetal is nie. Nuwe intrekkers kan gerus kennis neem van die gholfbaan. Dit is in ‘n puik toestand en seker een van die bekostigbaarste klubs in die land. Om elke Saterdag in ‘n kompetisie te speel op ‘n baan met Bent-gras setperke vir R50, is ‘n winskoop wat regtig waardeer moet word.
Reël 15-1 lees: “A player must hole out with the ball played from the teeing ground unless the ball is lost, out of bounds or the player substitutes another ball, whether or not substitution is permitted.”

Science Of Sport – Golf

Great Golf Courses Of Southern Africa

Golf: Greatest Ever Moments