General

Expo Bergfietswedren

THABAZIMBI – Die Thabazimbi Wild en Toerisme Expose Bergfietswedren word vanjaar by Ben Alberts Natuurreservaat, Thabazimbi, aangebied. Die roete spring weg met ‘n paar op en af hindernisse op die 4×4 baan, maar nie so uitputtend dat jy die natuurskoon en berge om jou sal miskyk nie.
As jy nie te besig is om te konsentreer nie, sal jy gelukkig wees om die wildlewe om jou te waardeer (blouwildebeeste, kameelperde, rooibokke, vlakvarke, koedoes, sebras en nog vele meer) terwyl jy deur die park ry.
Terug by die plat plato, wanneer jy weer bietjie asem gaan skep, sal jy langs die Krokodilrivier ry onder die skadus van die bosveld bome. Om te verseker dat jy nie aan die slaap raak nie, sal ‘n geleidelike styl klim jou na die einde bring van jou 22 kilometer rit. Vir die meer energieke ryers, moet hulle alles van voor af doen om die 42 kilometer rit te voltooi.
Maak seker dat jy nie hierdie avontuur bergfietsrit van 22- of 42 kilometer misloop nie. Inskrywings gelde beloop R40 per inskrywing en die wedren sal reeds om 08:00 die oggend van 30 April afskop. Alle deelnemers ontvang medaljes en die eerste, tweede en derde plekke ontvang pryse.
Vir meer besonderhede kan die organiseerder, Johan Pienaar, gekontak word by 082 468 0142.

More information on Thabazimbi Expo