Berg Boegoe uitstappie

THABAZIMBI – Berg Boegoe hou weer op 9 April ‘n uitstappie. Oud en jonk word genooi om die uitstappie mee te maak na Jan van der Merwe se Plaas, Wachteenbietjesdraai. Almal ontmoet mekaar om 14:00 by Engen vulstasie, waarvandaan almal saam vertrek. Dit gaan voorwaar ‘n uitstappie wees wat nie mis geloop moet word nie. Pap en sous sal verskaf word al wat saamgebring moet word is eie vleis, eetgerei en drinkgoed. Vir verdere navrae kontak Anton van den Berg by 082 775 6768.