VLU dames ingelig oor nuwe vuurwapenwet
THABAZIMBI – Die VLU dames gaan volgende week meer oor die nuwe vuurwapenwet hoor. Jaco van Vuuren wat deur die Special Asset Protection Services in die nuwe vuurwapenwette van hersonering opgelei is, sal die dames meer oor die aspek inlig.
Buiten die vuurwapenlisensies sal die dames ook baie interessante inligting oor noodhulp hoor. Die vergadering is op 15 April om 08:30 vir 09:00 in die tennishuis. Alle belangstellendes is baie welkom. Vir meer inligting kan Martie geskakel word by (014) 772 3325 of 072 491 7229.