Drie medaljes vir Jukskei – Noordelike Provinsie
THABAZIMBI – Die Jukskei, Noordelike Provinsie, het drie medaljes in die dubbels verower tydens die SA kampioenskappe wat op 1 April plaasgevind het te Kroonstad. Negentien Unies was verteenwoordig, en die spanne was as volg: Mans afdeling: Jannie Engelbrecht (Thabazimbi) en Petri Boshoff (Mopanieklub), verower ‘n silver medalje. Ope afdeling: Bossie Liebenberg (Thabazimbi) en Jannie Bekker (Landdrosklub), verower ‘n brons medalje. Sanlam trofee (mans): Bossie Liebenberg , Jannie Bekker, Louis Venter (Levubu) en Marinus Pretorius (Landdros), verower ook ‘n brons medalje. Spelers wat gekies is om Noordstreek te verteenwoordig in die streekswedstryde is as volg: Senior mans: Chris Swanepoel (Steenbokklub), Senior vroue: Elize Bessenger en Pop Grobbelaar (ook gekies is vir die Presidentsviertal) van Steenbokklub, Veterane: Evert Genis (Tarentaleklub) en Mans O/30: Petri Boshoff en Johan van Zyl van Olifanteklub. Bossie Liebenberg is ook aangewys as spanbestuurder vir die veterane. Die Olifante Jukskeiklub bied op 23 April ‘n jukskei opedag aan op Groblersdal. Vir navrae of om in te skryf kan Miets de Swardt gekontak word by (013) 262 4231 of 084 402 1264.