Selfoon “gapser” op videoband vasgelê

THABAZIMBI – Die eienaar van ‘n gesteelde selfoon, me Sonicka Vermeulen, maan die persoon wat haar selfoon “gegaps” het om dit dringend terug te besorg aangesien die aangeleentheid op videoband vasgelê is. Die selfoon is verlede Vrydag om 15:38 uit hul trollie by Pick ‘n Pay geneem.
Vermeulen het met hulp van Pick ‘n Pay se videobande, ‘n dame geëien waar sy die selfoon onregmatig geneem het. Die eienaar gee die oortreder tot Maandag, 4 April om 12:00 kans om die selfoon aan die bestuur van Pick ‘n Pay te oorhandig.
Indien die oortreder nie haar samewerking gee nie, onderneem Vermeulen om met onmiddellike verdere stappe voort te gaan wat tot ernstige gevolge kan lei. Mnr Vermeulen kan gekontak word by 083 575 5796.