Mida Marathon nuus
THABAZIMBI – Die Bosveld Midas Marathon klub het Saterdag, 19 Maart te Hartebeespoortdam aan ‘n marathon deelgeneem. Die volgende marathonners het almal brons medaljes ontvang:
Zani Janse van Rensburg (04:15), David Potgieter (04:40), Kurt Leykoff (04:50), Gerrie Raubenheimer (04:57), Kobus van der Merwe (04:57), Barend Schlebusch (05:20), Lucas Janse van Vuuren (05:30), Almo van Niekerk (05:56), Jaun-Pierre van Niekerk (05:59), Francois van Niekerk (06:25) en Piet van Staden (06:34).
Alle klub lede word hartlik uitgenooi om Dinsdag 5 April om 17:30 die tydtoets by te woon. Na afloop van die tydtoets sal ‘n worsbroodjie en koeldrank vir atlete beskikbaar wees. Vir meer inligting kan Louis la Grange gekontak word by 084 440 3690.