General

Laerskool TBZ rugby “oorskadu” Springbok Super 12

THABAZIMBI – Laerskool Thabazimbi se O/11A en eerste span wat verlede week na Potchefstroom was vir ‘n rugby toer, het met goeie uitslae die Springbokke se Super 12 “oorskadu”.
Daar was in totaal 12 skole wat in die O/11 afdeling meegeding het. Die puntestelsel het op dieselfde prinsiep as die Super Twaalf puntetelling gewerk. Laerskool Thabazimbi se O/11A span dring deur tot die semi-finaal en kom te staan teen Laerskool Mooirivier. Hulle verloor hierdie wedstryd en eindig algeheel derde. Die O/11A span het in totaal vyf wedstryde gespeel.
Die eerstespan, waarvan nege van die spelers Gr 6 spelers is, het vier wedstryde gespeel.  Daar was agt skole wat in hierdie kategorie meegeding het. Die eerstespan eindig ook algeheel derde. Hierdie twee spanne het hul staal gewys en het in gietende reën ook oorwinnings behaal.