General

Inskrywings vir perdeskou ingewag

THABAZIMBI – Die perde gemeenskap van Thabazimbi nooi alle belangstellendes om in te skryf vir die kompetisies wat tydens die Wild & Toerisme Expo, vanaf 29 April tot 2 Mei aangebied sal word. Inskrywingsgeld vir klas 1 tot 10 beloop R40 per inskrywing of per klas. Klasse 11 tot 18 beloop R10 per inskrywing of per klas.
‘n Beperkte aantal stalle is beskikbaar op ‘n “first come first serve” basis. Voorkeur sal ook aan inwoners buite Thabazimbi gegee word teen R30 per stal. Ingang by Thabazimbi Expo beloop R25 per volwassene en R10 per kind wat elke dag by die hek betaalbaar is.
Vrydag, 29 April om ongeveer 15:00, sal daar weggespring word met “Show Jumping” in die klas 1 met “Lead Rein Pop Event” (slegs een rondte) met ‘n hoogte van 30 – 40 cm, klas 2 se “Jump for Joy” met ‘n hoogte van 40 – 50 cm en klas 3 se “Choose your own Line” met ‘n hoogte van 60 – 70 cm. Die AL Coetzee Algemene Herstel & Vervoer Dienste wisseltrofee is op die spel.
Saterdag, 30 April om ongeveer 09:00, sal hulle afskop met die klas 4 se “Notice/Lead Rein” (slegs een rondte) met ‘n hoogte van 30 – 40 cm, klas 5 se “Welcome Stakes” met ‘n hoogte van 50 – 60 cm, klas 6 se “Hit and Hurry” met ‘n hoogte van 70 cm, klas 7 se “Accumulator with Joker” met ‘n hoogte van 80 – 90 cm en die Engen wisseltrofee aan die wenner en klas 8 se “Top Score with Joker” met ‘n hoogte van 80 cm tot 1 meter en die AB Labour wisseltrofee aan die wenner.
Gedurende Saterdagaand sal die klas 9 se “Cable Stitch Pairs” met ‘n hoogte van 60 – 80 cm met die Spar wisseltrofee aan die wenpaar en die klas 10 se “Floodlit” kampioenskappe met ‘n begin hoogte van 70 cm met die Wes Voere trofee onder die spreiligte aangebied word.
Die Gymkhana begin Sondag, 1 Mei om ongeveer 13:00. Die verskillende klasse sluit Lead Rein, kinders, juniors en volwassenes in. Klas 11 – “Bending Rase”, klas 12 – “Tin can Race” sluit Lead Rein uit), klas 13 – “Musical Hats”, klas 14 – “Flag Race” (sluit Lead Rein uit), klas 15 – “Carrot Race”, klas 16 – “Apple Bobbing Race” (sluit Lead Rein uit), klas 17 – “Balloon Relay” (sluit Lead Rein uit) en klas 18 – “Walk/Talk/Canter Race” (sluit Lead Rein uit).
Vir meer inligting oor die perdeskou kan Monica by (014) 778 780, Karien by 083 258 3582, Maryna by (014) 772 3288 en Tanya by 082 373 3379 gekontak word. Inskrywingsvorms is beskikbaar by die meule en die sluitingsdatum is 20 April 2005.
Maandag, 2 Mei sal die Vriesperde vanaf ongeveer 09:00 tot 13:00 te sien wees. Dit sluit dresseerperde en skouperde in. Ongeveer 14:00 sal die “Polocrosse” afskop. Almal is welkom om tydens die geleentheid te kom om hul vernuf met die polocrosse te kom wys. Daar sal ‘n demonstrasie gevolg deur ‘n opleiding sessie wees en daarna sal daar geoefen word. Navrae vir die Polocross kan gerig word aan Nolte Roets by (014) 777 1668 of 082 881 4421.