Gholfnuus
THABAZIMBI – Verlede Saterdag se spel was ‘n Beterbal kompetisie. Die Paasnaweek het nie die opkoms beïnvloed nie en ‘n mooi getal spelers was op die baan. Chappies en John-James Behrens was die wenners met 48 punte. Rikus de Wet en John-Henry Williams met 45 was tweede. Derek Torlage en Jakkie van der Wateren tel André van der Walt en Hendrik van Niekerk uit op 43 punte.
Die vorige naweek is daar liga gespeel op Rooiberg. Reëlings het so effens skeef geloop en Thabazimbi wat teen Amandelbult moes speel, wen toe teen die Veterane. Die wen hou Thabazimbi egter nog steeds in die eerste plek.
April se program sal deurgegee word so gou al die datums bevestig is. Hou ook die kennisgewingbord by die klub dop. Die Pare Putjiespel gaan wel voort en die inskrywingslys vir die Indiwiduele Putjiespel is ook reeds op. Dan is die eerste been van die Elektiek ook in die laaste maand. Lede kan gerus ‘n laaste poging aanwend om deel te neem. Die gereelde Pick ‘n Pay Sundowner wat elke Woensdag gespeel word, is nog steeds een van die gewildste kompetisies.
Op die agterblad van die reëlboekie staan hierdie wyse woorde: “Play the ball as it lies, play the course as you find it, and if you can’t do either, do what is fair. But to do what is fair, you need to know the Rules of Golf.”
Science Of Sport – Golf
Great Golf Courses Of Southern Africa
Golf: Greatest Ever Moments