General

Gemengde vermaak met Afrikiti by Expo

THABAZIMBI – Afrikiti, die ATKV se 75-jarige feesopvoering, maak vanjaar deel van die Thabazimbi Wild en Toerisme Expo uit.
Toe die besluit geneem is om tydens die ATKV se 75ste bestaansjaar (2005) ‘n fees te vier, is besluit dat die geleentheid gebruik moet word om die Afrikaanse gemeenskap te posisioneer as deel van die Suider-Afrikaanse gemeenskap.
Die samebinding van die Afrikaanse gemeenskap met ‘n aangrypende aksie(s) wat die primêre mark (Afrikaanse gemeenskap) en die sekondêre mark (breër Suid-Afrikaanse gemeenskap) tot voordeel sal strek was die groot motivering hiervoor.
En vandaar – AFRIKAANS KOOK!, die feesjaar in Afrikaans oor Afrikaans en vir Afrikaans. Trots Afrikaans, trots in Afrikaans, trots Suid-Afrikaans!
AFIKAANS KOOK! gaan uit verskeie bene bestaan waarvan AFRIKITI die vermaakbeen en die gesig na die publiek gaan wees. AFRIKITI is ‘n negentig minute lange multi-media produksie met die doel om te vermaak. Meer as 40 konserte gaan vanaf 1 April 2005 tot en met 31 Desember 2005 landswyd plaasvind.
Hierdie spogproduksie staan onder leiding van AJ van der Merwe (regisseur), Lulu van der Walt (musiekregisseur) met die teks saamgestel deur Saartjie Botha en Hennie van Greunen. AFRIKITI spog met Nina Swart, Solly Philander, Rina Hugo, Hi-5, Sibongile Mngoma, Lizelle le Roux(Eclips) en ‘n lewendige orkes.

“Die lekkerste Afrikaanse jol nog ooit…Dis die ATKV se Afrikiti! Kom lag vir Solly en Nina, verluister jou aan Rina Hugo en Sibongile Mngoma en vergaap jou aan die aantreklike manne van Hi-5. Om nie eens te praat van die lewendige orkes wat jou voete sal laat jeuk om in Afrikaans te rock en te makietie nie! Onthou, Afrikiti is hier op Saterdag 30 April tydens die Thabazimbi Expo.

Thabazimbi Expo Home Page