OppiKoppi ‘Stof af jou meerkat’ fees

OppiKoppi se ‘Stof af jou meerkat’ fees word vanjaar aangebied vanaf 25 tot 28 Maart. Hulle groot Augustus fees, hul 10de al, is reeds in 2004 aangebied. Met ‘n enkele verhoog, een kroeg en een groep wat op ‘n slag optree, het die OppiKoppi paasfees gegroei tot ‘n kultuurstatus en ‘n plek waar jy vir ‘n paar dae kan agteroor sit en niks doen nie.
Van die groepe wat sal optree is Airship Orange, Albert Frost en Louis Mhlanga, Blow the Band, Karma, Old Mol, Rokkeloos, Plank, Skwatta Kamp, Southern Gypsy Queen en nog vele meer. Groepe bevestig nog een strook deur en vir meer konstante “updates” kan OppiKoppi webtuiste besoek word by www.oppikoppi.co.za.
Teen R199 is die kaartjies seker die goedkoopste Paasnaweek wegbreek vir enige stadsjapie wat opsoek is na so bietjie ‘stof’ in sy ‘meerkat’. Die prys sluit kamp, braai en kreefduik (in seisoen) in. Kaartjies is landwyd te koop by alle Shoprite/Checkers takke se Money Market toonbanke. Vir meer inligting kan Annelie Hoffmann gekontak word by (012) 346 2011, 083 308 1251 of annelie@oppikoppi.co.za.