Sport

Noorde Jukskei behou Tarentale trofee

Die laaste Jukskei Bondsliga (Noorde teen die Suide), het Saterdag, 19 Maart te Polokwane plaasgevind. 23 Spanne het in die A, B en C afdelings meegeding. Dit was ook die derde jaar wat die twee wyksbonde (Noord Pieterburg Wyksbond en Suid-Nyl Wyksbond) om die beurt op Polokwane en Mokopane meeding vir die Tarentale trofee. Uitslae was as volg:
A-afdeling: Suide met 128.5 punte en Noorde met 96.5 punte. B-afdeling: Noorde 120 punte en Suide 105 punte. C-afdeling: Noorde 210 punte en Suide 181 punte. Groottotaal: Noorde met 427 punte en Suide met 415 punte.
Die SA kampioenskappe begin 26 Maart te Kroonstad wanneer die dubbels afgehandel word. Vanaf 28 Maart tot 1 April word daar in span verband meegeding teen unies oor die hele land asook Namibië.
Vir meer inligting kan Martie Nell, skakelbeampte, gekontak word by (014) 733 0611 of 083 532 1960.